Toe ons weer sien, hou ons roudiens …
<span;>Daar is sekere dinge wat ’n mens nie sommer in ’n restaurant se bemarkingsplan sit nie, en ’n begrafnis is sekerlik een van hulle. Dié is geensins ‘n spottery met die dood nie, maar wél een van ons meer kleurryke onthou’s by Winterberg Mountain Inn.</span;>
<span;>Tog het ons in 2012, toe ons pas hier gekooo het, ’n versoek van ons oorlede buurman se pa uit Boksburg gekry of hulle dalk sy seun se roudiens by ons kon hou.</span;>
<span;>Natuurlik kon hulle. Die familie sou in elk geval ’n paar dae in ons plek aanbly en ons was toe nog nuut genoeg in die restaurantbedryf om te dink dat mens maar enigiets kan probeer.</span;>
<span;>Ons buurman was ’n dierbare mens en een van die mense wat ons van die begin af ondersteun het. Hy en sy pa was albei spietkops, die ou “bloubaadjies”, soos onse mense hulle noem, en nadat hy ’n breinbesering opgedoen het, is hy later medies uit die diens ontslaan.</span;>
<span;>Hy het onder andere boerbokke gehad, en daardie bokke het ’n besondere belangstelling in ons splinternuwe tuinplante gehad. Hulle het basies besluit dat ons pas aangeplante blomme en bossies ’n gratis slaaibuffet is. Tot vandag toe, 14 jaar later, sit die letsel steeds in die Eugenia-heining voor ons plek.</span;>
<span;>Die roudiens sou in ons ou konferensielokaal plaasvind, en Karien, wat nie graag oor doodsdinge praat nie, het van die begin af baie duidelik gemaak dat daar onder geen omstandighede ’n lykswa voor die restaurant moes staan nie.</span;>
<span;>Die dag van die diens het die ondernemer dus nog ewe rustig begin om die lykswa voor die restaurant te parkeer toe Karien hom met een vinger en ’n benoud-kwaai kyk die pad gewys het. Ek weet tot vandag toe nie waar die arme man toe met ons wyle buurman gaan parkeer het nie.</span;>
<span;>Ongeveer ’n uur voor die diens kom daar toe nog ’n dringende versoek: hulle wil Juanita du Plessis se Ons Koning Kom by die diens speel.</span;>
<span;>Nou, as jy ons ken, sal jy weet dat ons nie juis Juanita-fans nie, maar dit was ’n roudiens en ’n mens redeneer nie met ’n familie oor hulle musiekkeuse op so ’n dag nie. Woerts spring iemand in ’n kar en jaag Triole Ine toe om die CD te gaan koop.</span;>
<span;>Die vorige dag het die buurman se pa ook sommer ’n bottel brandewyn by sy etenstafel in die restaurant uitgehaal, waarna Karien hom baie professioneel laat verstaan het dat die brandewyn eerder weggepak moes word. Ons het egter ons werk gedoen en die roudiens is gehou, kompleet met ’n kruis wat ons van dryfhout uit die Breede gemaak het.</span;>
<span;>Daarna het die familie gekuier, en die brandewyn het, soos die rooivlaggies reeds voorspel het, uiteindelik sy bestemming gevind. ’n Dag of wat later is die familie l in verskillende rigtings daar weg en ons het gedink die hele vreemde episode is verby.</span;>
<span;>Tot die volgende dag, toe daar ’n begrafnisondernemer by ons ontvangs opdaag met ons buurman se as in sy kar…</span;>
<span;> <span;>En toe kom die deel wat my steeds laat wonder oor die vreemde maniere waarop ’n mense se lewens aanmekaar geweef word.</span;></span;>
<span;>Die pa het in Boksburg gewoon (’ons het toevallig sélf twee jaar in Boksburg gewoon). In daardie huis het hy ’n hele stel Tolhuis-breekware uit die vroeë tagtigs gehad, die einste Tolhuis wat later so ’n groot deel van óns lewe sou word. Dié het hy glo in die 70’s of 80’s op een of ander onverklaarbare wyse in die hande gekry.</span;>
<span;>Wat is die kans?</span;>
<span;>Ek weet nie, maar hoe langer ek leef, hoe meer glo ek daar is ’n goue draad deur ’n mens se lewe wat jy gewoonlik eers baie later raakgesien.</span;>
<span;>’n Mens dink jy is besig om bloot van een plek na ’n ander te beweeg en van een hoofstuk na die volgende, en dan kom daar jare later ’n vreemde klein detail – ’n huis in Boksburg, ’n stel ou breekware, ’n plek aan die Breede – wat jou laat besef dat die verskillende stukke dalk nog altyd aan dieselfde storie behoort het.</span;>
<span;>Soms skryf die lewe sy eie storie en partykeer het hy ’n beter sin vir humor as enige skrywer wat ek ken.</span;>
Woorde: Reint Grobler



